Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasmoorde 27,5% hoër in 2016-’17
Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê Wes-Kaapse boere is kwesbaar en moet hul veiligheidsmaatreëls opskerp.Foto: Nasief Manie

Plaasmoorde en -aanvalle het in die 2016-’17-boekjaar skerp toegeneem, blyk uit syfers wat die polisie aan die VF Plus beskikbaar gestel het.

Die syfers uit die nasionale misdaadstatistieke toon volgens dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, dat plaasmoorde met 27,5% en plaasaanvalle met 22,9% gestyg het teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.

Daar was in die 2016-’17-boekjaar 74 moorde op plase teenoor 58 in die 2015-’16-boekjaar. Aanvalle op plase het van 519 in die vorige boekjaar tot 638 in die 2016-’17- boekjaar toegeneem.

Aanvalle op plase het van 519 in die vorige boekjaar tot 638 in die 2016-’17- boekjaar toegeneem.

Groenewald het Dinsdag met die bekendmaking van die misdaadstatistieke voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, luidkeels sy ontevredenheid uitgespreek toe die polisie nie die syfers vir plaasmoorde bekend gemaak het nie.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende nasionale polisiehoof, het gesê dit sal ná die komiteevergadering aan Groenewald beskikbaar gestel word.

Groenewald het Woensdag in ’n verklaring gesê dit is “onverstaanbaar” dat die polisie nie die verslag wou bekend maak nie. Dit skep volgens hom die indruk die polisie wil die skerp toename in plaasmoorde en -aanvalle verbloem.

Hy sê die Wes-Kaap is kwesbaar aangesien 15 van die 34 polisiekantore waar die polisie se landelike veiligheidstrategie glad nie toegepas word nie, in dié provinsie is.

“Die onlangse toename in plaasmoorde in die Wes-Kaap kan hieraan toegeskryf word omdat dié situasie dit maklik maak vir misdadigers om die moorde te pleeg. Dit is om dié rede dat die VF Plus ’n beroep op Wes-Kaapse boere doen om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp,” sê Groenewald.

Meer oor:  Vf Plus  |  Misdaadstatistieke  |  Dr. Pieter Groenewald  |  Misdaad  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.