Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasmoorde eintlik heelwat meer, reken DA en TLU SA

Hoewel die polisie se misdaadstatistieke toon dat 49 boere in die afgelope boekjaar vermoor is, dui betroubare inligting daarop dat ’n bykomende 26 boere en plaaswerkers in 141 aanvalle in die eerste helfte van vanjaar vermoor is.

Só het Dianne Kohler Barnard, DA-LP en voorsitter van die party se werkgroep oor landelike veiligheid, Sondag gesê.

Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Khehla Sitole, polisiekommissaris, het Vrydag die 2019-’20-misdaadstatistieke bekend gemaak.

Hiervolgens was daar in die boekjaar 49 plaasmoorde en 46 voorvalle.

Sitole het Vrydag ook aangekondig dat die polisie plaasaanvalle en -moorde voortaan met gespesialiseerde polisie-eenhede gaan beveg.

Kohler Barnard sê hoewel die polisie met plan ná plan vorendag kom, is die gevaar dat wit en swart boere, plaaswerkers, hul vroue, kinders en ouers vandag vermoor sal word, twee keer so groot as vir ’n polisielid en vier keer so groot as vir die gemiddelde burger.

Sy sê daar is reeds komplekse landelike veiligheidsmeganismes, maar Cele het alles weens Covid-19 toegemaak, terwyl die aanvalle voortduur.

“Die DA is bly dat ons 16-punt-program vrugte afwerp, dat die polisie bereid is om die werk te doen wat van hulle verwag word en dat ANC-lede stadig maar seker begin verstaan dat geen Suid-Afrikaner verdien om doodgemartel te word nie,” sê Kohler Barnard.

Ons het betroubare statistieke oor plaasaanvalle en dit stem nooit ooreen met die amptelike statistieke van die departement nie.

Die landbou-organisasie TLU SA sê die polisie se syfers oor plaasmoorde en -aanvalle stem nie met hul syfers ooreen nie.

Genl.maj. (afgetree) Chris van Zyl, adjunkhoofbestuurder van TLU SA, sê in ’n verklaring hul statistieke toon daar was van 1 April 2019 tot 31 Maart 2020 sowat 410 plaasaanvalle.

Hy het gesê die statistieke oor plaasmoorde kom min of meer ooreen met die polisie se 49 en TLU SA se 54.

“Ons het betroubare statistieke oor plaasaanvalle en dit stem nooit ooreen met die amptelike statistieke van die departement nie.”

Van Zyl het bygevoeg dat die TLU SA meer bekommerd is oor die nuwe tendense wat met aanvalle opgemerk word.

Ontvoering word al hoe meer deel van plaasaanvalle soos ons met die wrede aanval en moord op die familie van Hartswater in die Noord-Kaap gesien het.

“Ontvoering word al hoe meer deel van plaasaanvalle soos ons met die wrede aanval en moord op die familie van Hartswater in die Noord-Kaap gesien het.

“TLU is ontsteld oor die getal aanvallers per plaasaanval.

“Dit blyk te dui op georganiseerde misdaad by plaasaanvalle,” sê hy.

TLU SA wil in Augustus ’n virtuele optog teen plaasmoorde hou.

“Die gedagte is om alle Suid-Afrikaners, ook dié in die buiteland, te betrek by die virtuele staptog,” sê Henry Geldenhuys, TLU SA se adjunkpresident en voorsitter van die organisasie se veiligheidskomitee.

Meer oor:  Dianne Kohler Barnard  |  Bheki Cele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.