Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasmoorde: Syfer in VS kan sleg lyk

Hoewel plaasmoorde volgens die polisie in 2018-’19 van 66 tot 47 landwyd afgeneem het, het die Vrystaat se syfer van sewe per jaar onveranderd gebly.

Vyf moorde in minder as vyf maande voorspel niks goeds vir die provinsie se syfers in die huidige boekjaar nie.

Besoekers aan Nampo kyk na die lang lys name op die muur van herinnering waar die slagoffers van plaasmoorde se name jaarliks aangebring word.Foto: Alet van der Walt

Dr. Jane Buys, risiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), sê in 2016-’17 is ses moorde, in 2017-’18 sewe moorde en in 2018-’19 sewe moorde gepleeg.

Sedert Boeta Powell (37) op 20 April buite Hoopstad vermoor is, is Theunis Bosch (74) op 15 Mei buite Vredefort vermoor en Sakkie (67) en Ina (62) van der Berg op 12 Julie op ’n plaas buite Boshof.

’n Bekende boervrou van Bethlehem, Mienie Frost (77), se moord die afgelope Vrydag was die vyfde moord in minder as vyf maande.

’n Vriend van Powell, Schalk Botha, sê nog niemand is vir dié moord in hegtenis geneem nie. Powell, wat vir ’n Chinese sakeman geboer het, is vermoedelik deur mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, doodgeskiet.

Niemand is ook nog vir Bosch se moord aangekeer nie, terwyl vier mans verhoorafwagtend is vir die moorde op die Van der Bergs.

Frost se vermeende moordenaar is aangekeer kort nadat sy vermoor is.

Buys sê daar was in die 2016-’17-boekjaar 66 plaasaanvalle, in 2017-’18 60 aanvalle en in 2018-’19 48 plaasaanvalle.

Buys sê in die Vrystaat word baie min moorde op hoewes gepleeg en tussen 83% en 92% van moorde is op plase.

Grafika24
Meer oor:  Dr. Jane Buys  |  Vrystaat  |  Misdaadstatistieke  |  Misdaad  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.