Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasvoorman (77) ure gemartel en in riooltenk gegooi

Waarskuwing: Hierdie berig bevat ‘n grafiese foto wat sensitiewe lesers kan ontstel.

’n Bejaarde plaasvoorman van Zastron het ’n nag van hel deurgebring deurdat aanvallers hom gemartel en ure lank in rioolvuil probeer verdrink het.

Martin de Kock, Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidsverteenwoordiger in die Zastron-gebied sê drie mans het die 77-jarige Simon Makhota op die plaas, Harrisdale, aangeval.

Volgens De Kock het die mans Makhota se sonpaneel vroeg Sondagaand by sy huis stukkend geslaan, van sy kos en kruideniersware gesteel en hom met messe gesteek.

Hulle het hom gedwing om sy werkgewer se plaashuis oop te sluit omdat hulle geld en gewere gesoek het.

Makhota se werkgewer is ’n opkomende boer wat in die Kaap woon.

Volgens De Kock is die plaashuis omgekeer en Makhota is gemartel omdat die mans hom wou dwing om geld en gewere te oorhandig.

Geen geld en gewere word in die huis gehou nie en enkele ander artikels is uit die plaashuis gesteel.

Die aanvallers het Makhota, wie se hande vasgebind was, in ’n septiese tenk op die plaaswerf gegooi om hom te verdrink.

Elke keer wanneer hy uit die tenk probeer klim het, het die mans hom met klippe gegooi.

Hier by ons maak alle lewens saak.

Sy nag van hel het eers ná bykans 12 uur tot ’n einde gekom toe die aanvallers Maandag omstreeks 07:00 weg is en hy uit die tenk kon klim.

’n Buurman se werkers het hom daarna gehelp en hulp ontbied.

Makhota is met erge skok en messteke in die hospitaal opgeneem.

De Kock sê die boeregemeenskap is baie ontsteld oor die voorval. “Hier by ons maak alle lewens saak.”

Volgens hom is daar geen sigbare polisiëring in die gebied nie en die polisie het nie meer voertuie het nie.

Simon Makhotha (77), ’n plaasvoorman van Zastron, is ure lank gemartel en in ’n septiese tenk gegooi. Foto: verskaf

“Ons polisielid belas met landelike beveiliging het met sy eie voertuig na die toneel gery.”

De Kock sê boere het groot agting vir sers. Matthews Lebusa se toewyding en harde werk.

“Almal wat op plase woon en werk, is aan die groeiende misdaadgevaar in die landelike gebiede blootgestel,” sê hy.

Hoewel VL steeds ’n beroep op die polisie en die regering doen om te sorg dat polisiekantore volledig toegerus is, is dit toenemend duidelik dat die boerderygemeenskap aan hul eie lot oorgelaat is.

Volgens Tommie Esterhuyse, adjunkpresident van VL, is ’n gesprek Maandag met die Menseregtekommissie (MRK) gevoer om die polisie se nasionale landelike beveiligingsplan in te stel.

Meer oor:  Vrystaat  |  Zastron  |  Marteling  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.