Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasvrou met elektriese boor gemartel
Polisiebeamptes en inwoners het Vrydagmiddag na die aanvallers gesoek. Foto: VERSKAF

Plaasaanvallers het ’n vrou met ’n elektriese boor aan haar voete en hande gemartel nadat hulle haar aan ’n stoel vasgebind het. Haar knie is ook verbrysel en van haar ribbes is gebreek. 

Nicci Simpson (60) van die plaas Kalbasfontein naby Westonaria in Gauteng is volgens lede van die plaaswag Vrydag tussen 10:00 en 12:00 deur twee gewapende mans by ’n plaashek oorval. 

Hulle het haar hond doodgeskiet, haar met messe gesteek en haar toe na die plaashuis geneem waar sy gemartel is. 

“Die muur buite die huis was met bloed besmeer en die hele kamer was vol bloed,” sê Sarel Cilliers, Simpson se buurman en ’n plaaswaglid. 

Nicci Simpson was getraumatiseerd toe hulp opgedaag het.

“Sy was baie getraumatiseerd en kon nie dadelik al ons vrae beantwoord nie, maar die bloed in die kamer waar sy gemartel is, was al droog toe ons daar aankom, so sy was vermoedelik ’n hele ruk lank al daar.”

Die rowers het haar vuurwapen, selfoon en motor gebuit en by ’n kluis ingebreek. 

Hulle het Simpson se motor in ’n mielieland sowat 300 m van die plaashuis gelos en die veld in gevlug.

Cilliers sê hy en Frans du Bruyn, ’n ander lid van die plaaswag, was geskok toe hulle op Simpson afkom. 

Die polisie van Westonaria was gou daar. Die plaaslike boere sal ook aanhou soek totdat hulle die rowers kry. 

Simpson is op die toneel deur die nooddiens ER24 behandel. 

Cilliers sê daar ’n ernstige probleem met misdaad in die omgewing. Dit is die vierde ernstige aanval in twee jaar waarvan hy bewus is. 

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die aanvalllers is nog soek.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.