Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaaswerker in KZN ná hewige geveg vermoor

Rus in vrede aan al die boere wat sterf omdat hulle ’n ondankbare nasie voed, het ’n vriend van die vermoorde Luan Preston (31) op Facebook geskryf.

Luan Preston (31) is die naweek op ’n plaas aan die suidkus van KwaZulu-Natal vermoor. Foto: Facebook

Deon van Heerden het in ’n huldeblyk gesê sy kollega was ’n saggeaarde mens wie se hande nooit gehuiwer het om ’n ander te help nie.

“Rus in vrede my vriend en mag jou moordenaars in die hel brand.”

Preston, wat op ’n neut- en skaapplaas, David’s Farm, tussen Port Shepstone en Oslo-strand in KwaZulu-Natal gewerk het, is die naweek in sy blyplek vermoor.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Preston Sondagoggend met veelvuldige steekwonde dood in sy blyplek gevind is.

Mbele sê heelwat waardevolle items word uit Preston se blyplek vermis.

Volgens inligting van vriende op Preston se Facebook-blad lyk dit asof hy in ’n hewige geveg met sy aanvallers betrokke was.

Daar was heelwat lang snywonde in sy gesig en aan sy nek en hy is vermoedelik ook verwurg.

’n Televisiestel, selfone en ’n skootrekenaar word uit sy kamer vermis.

Preston se ma, Elsabe, het in ’n boodskap gesê sy sal hom altyd onthou aan sy hande waarmee hy altyd besig was om iets te doen.

Marlene van Zyl het ook in ’n boodskap aan Preston op sy Facebook-blad geskryf: “RIV liewe Luan Preston . . . dis so sad dat jy ook ’n statistiek moes word van hierdie land se wrede plaasaanvalle. Wat ’n wrede manier moes jy nie deurgaan in jou laaste minute nie om jouself probeer beskerm het nie, my hart breek om daaraan te dink, so ’n jong en onskuldige hardwerkende mens soos jy. Dankie vir die tyd wat ons jou kon leer ken toe jy hier in Gauteng gebly het, kon altyd op jou knoppie druk. Sterkte aan jou familie, mag die Heer hul vertroos en mag die moordenaars gevang word en geregtigheid seëvier.”

Meer oor:  Luan Preston  |  Deon Van Heerden  |  Port Shepstone  |  Oslo  |  Veiligheid  |  Inbraak  |  Plaaswerker  |  Landbou  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.