Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaaswerker kaal uitgetrek voor diewe 15 skape steel

’n Plaaswerker-egpaar van Bothaville is Saterdagaand na bewering aangerand, kaal uitgetrek en met draad vasgebind voordat die aanvallers glo sowat R37 500 se skape gesteel het.

Die polisie ondersoek ’n klag van huisroof, sê lt.kol.

Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat.

Sy sê AD Mohoko, ’n plaaswerker van die plaas Steynshoek in die Bothaville-distrik, beweer dat hy Saterdag om middernag besig was om die plaas te patrolleer toe hy deur vier mans genader is.

“Een was met ’n vuurwapen en die ander drie met messe gewapen.”

Mbambo sê Mohoko beweer hy is na sy kamer geneem waar vir hom gesê is om sy klere uit te trek.

Dieselfde is glo vir sy meisie gesê, waarna hulle saam vasgebind is.

“Die verdagtes het hierop na buite gegaan en 15 skape met ’n totale waarde van R37 500 gesteel,” sê sy.

Volgens die Oosgrens Veiligheidsgroep is Mohoko erg aangerand en terug in sy huis gesleep, waar sy meisie na bewering ook aangerand is.

“Die aanvallers wou glo die vrou verkrag het, maar het toe besluit om eerder die egpaar kaal uit te trek en hulle met draad vas te bind,” lui dié groep se verklaring.

Die aanvallers het toe die skaapkrale se drade geknip en die skape met die pad langs van die plaas af gejaag tot waar hulle op ’n vragmotor gelaai is.

Die vrou kon haar self loswikkel en het hulp by die bure gaan soek.

Mbambo sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* Dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, sê die DA veroordeel die aanranding,

Jankielsohn sê die DA is bekommerd oor die geweld wat met plaasaanvalle gepaardgaan en ook oor die ekonomiese koste vir die landbousektor.

“Na raming kos misdaad Vrystaatse boere gemiddeld tussen R300 000 en R500 000 per jaar.”

Volgens Jankielsohn word boere en hul werkers verder deur die erge droogte, verhoogde brandstof- en elektrisiteitspryse en ander koste in die gesig gestaar.

“Dit terwyl boere onsekerheid ervaar oor die onteiening van grond sonder vergoeding. Dit bedreig die lewe van boere en hul plaaswerkers.”

Jankielsohn sê die DA doen ’n beroep op plaaswerkers om die DA se landelike veiligheidsbeleid te oorweeg, wat ’n bydrae sal lewer tot die veiligheid van boere en plaaswerkers.

Meer oor:  Bothaville  |  Gesteel  |  Aangerand  |  Skape
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.