Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaaswerker op VS-plaas aangeval

’n Plaaswerker is Maandagaand op die plaas Thorn River naby Virginia in die Vrystaat aangeval.

Brig. Sam Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê Fred Kutewsa, ’n Malawiese plaaswerker, het Maandag omstreeks 19:20 in sy huis aangesit vir aandete toe hy die honde buite hoor blaf het.

Hy het ondersoek ingestel en vasgestel dat twee mans besig was om ’n deur van sy huis af te breek

“Hy het dadelik die plaaseienaar, Michael Daly, gebel en ingelig dat hy aangeval word.”

Makhele sê die inbrekers het toegang gekry tot die huis en Kutewsa met ’n stok oor die kop geslaan.

“Kutewsa kon gelukkig weghardloop en het weggekruip totdat Daly opgedaag het.”

Daly en Kutewsa het vasgestel dat ’n selfoon, klere, kruideniersware en ’n paspoort weg is.

Hulle het Dinsdagoggend ’n klag by die polisiekantoor in Virginia aanhangig gemaak.

“’n Saak van huisroof word ondersoek en ons vra dat enigiemand met inligting oor die voorval dit by die polisiekantoor in Virginia sal aanmeld.”

Meer oor:  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.