Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaaswerker steek kollega ná stryery

’n Plaaswerker van Warden in die Vrystaat wat glo ’n medewerker op ’n plaas in die distrik doodgesteek het, verskyn na verwagting Donderdag in die landdroshof op die dorp.

Die 25-jarige vrou het glo Dinsdag Mamoelo Kooko (24) op ’n plaas in die Warden-distrik, waar hul albei tydelike arbeiders is, met ’n mes gesteek.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale woordvoerder, sê die twee het oor werksaangeleenthede gestry.

“Later Dinsdagaand het die verdagte na Kooko se huis gegaan en die rusie voortgesit. Sy het haar toe na bewering met ’n mes in die bors gesteek. Kooko het op die toneel aan haar wonde beswyk.”

Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Kooko in ’n plas bloed aangetref het. Die verdagte is ook op die toneel aangekeer.

Kooko se ma, wat op ’n ander plaas werk, het later haar dogter se lyk uitgeken.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord.

Meer oor:  Messteek  |  Plaaswerker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.