Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaaswerker wat op trou staan, doodgeskiet
Raphael Mderemani (34) is doodgeskiet in sy blyplek op die plaas waar hy gewerk het. Hy het op troue gestaan.

’n Plaaswerker is Maandag in die vroeë oggendure in sy blyplek naby Erasmia in die weste van Pretoria doodgeskiet.

Aanvallers het Raphael Mderemani (34) in sy blyplek toegesluit en daarna op hom losgebrand.

Mike Wiggins, Mderemani se werkgewer die afgelope vyf jaar, sê hy het omstreeks 03:00 wakker geword van Mderemani se beangste gille.

Wiggins het uitgestorm om ondersoek in te stel en het gesien Mderemani se voordeur is van buite toegesluit.

Mderemani het in ’n groot staalskeepshouer gewoon wat vir hom ingerig is. Die grendel was toegedruk.

Wiggins vermoed daar was twee aanvallers.

Die aanvallers het verskeie skote op die vertrek geskiet en Mderemani in die maag gewond.

Caroline Barnard, lid van die plaaslike plaaswag, sê Mderemani is op die toneel dood nog voordat die ambulans daar opgedaag het.

Wiggins het Mderemani as ’n goeie mens beskryf wat met niemand moeilikheid gehad het nie.

Mederemani is afkomstig van Malawi en het op trou gestaan.

“Hy sou nou een van die dae vir die troue na Malawi teruggekeer het,” sê Wiggins.

Mense van die gebied het Dinsdag hul medelye kom betoon aan Wiggins en ook aan Mderemani se broer, wat later Maandag op die plaas aangekom het.

“Mderemani was ’n goeie werker, die eerste om te help as daar fout is of brand geslaan moet word. Sy groot liefde en geesdrif was egter die tuin. Ek het nog niemand gesien wat so goed met plante, veral rose, kon werk nie,” sê Wiggins.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê niemand is nog in hegtenis geneem weens die moord op Mderemani nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.