Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plet-oproer: Kyk uit vir gesteelde goedere, vra polisie

Die polisie vra die publiek om op die uitkyk te wees vir goedere wat moontlik gesteel of geplunder is tydens oproer vroeg in Julie in Plettenbergbaai in die Suid-Kaap.

Die oproer het op 2 Julie in die omgewing van die N2 in Plettenbergbaai uitgebreek. Die N2 is eers op 6 Julie weer vir verkeer oopgestel.

Vroeër is berig dat minstens 22 private ondernemings in die nywerheidsgebied glo onder vandale en inbrekers deurgeloop het. Kantore is verwoes en rekenaars is onder meer gesteel.

Die skade wat aangerig is, is nog nie bekend nie, maar beloop na raming miljoene rande.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê mense wat genader word om moontlik gesteelde of geplunderde goedere te koop, moet dadelik die polisie skakel.

Die polisie vra ook mense om na vore te kom met inligting oor wie by inbrake by sakeondernemings betrokke was.

Die polisie in Plettenbergbaai kan by 044 501 1900 geskakel word.

* Die Bitou-munisipaliteit het Vrydag bekend gemaak dat ’n interkerklike gebedsbyeenkoms Sondag in Plettenbergbaai plaasvind. Tydens die byeenkoms sal onder meer gebid word vir gemeenskappe en oplossings vir kwessies wat hulle raak. Die byeenkoms begin om 15:00 by The Shelter langs die nywerheidsgebied. Mense moet hul eie stoele saambring.

* 33 mense wat in verband met die geweldpleging in hegtenis geneem is, het verlede Maandag in drie verskillende sake in die plaaslike landdroshof verskyn, het die polisie gesê.

Sewe van die beskuldigdes, wat op aanklagte van openbare geweld en huisbraak teregstaan, bly tot hul volgende verskyning op 2 Augustus in aanhouding wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

19 ander wat op aanklagte van openbare geweld teregstaan, is reeds op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. Hulle sal weer op 24 Julie in die hof verskyn.

Nog sewe, wat in Kwanokuthula op klagte van huisbraak en diefstal in hegtenis geneem is, is op waarskuwing vrygelaat en sal weer op 14 Augustus in die landdroshof in Plettenbergbaai verskyn.

Die polisie het vroeër gesê 81 mense is aanvanklik gedurende die oproer in hegtenis geneem is. Baie van hulle is vrygelaat weens ’n gebrek aan getuienis, maar hulle kan weer later in hegtenis geneem word.

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.