Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plunderaars met heel skape, vrieskas die pad af

Heel skape, sakke gevriesde hoender en selfs ’n groot vrieskas.

’n Skermgreep van die video van die plundering van winkels in Valhallapark op die Kaapse Vlakte. Foto: Skermgreep

Hierdie beelde van inwoners van Valhallapark, Kaapstad, wat ’n plaaslike kruidenierswinkel en ’n slaghuis plunder, is Maandag op ’n selfoon vasgevang en die wêreld ingestuur.

Sedertdien het die video, wat ’n bietjie meer as ’n minuut en 45 sekondes lank is, ’n internet-sensasie geword en word dit wyd en syd op Facebook en ander sosiale media gedeel.

Inwoners van Valhallapark, ’n woonbuurt neffens Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte, het Maandagoggend eers ’n winkel wat aan Bangladesjiese sakemanne behoort, geplunder.

Die mense het hulle toe op die slaghuis wat reg langs die winkel in ’n klein kompleks in Angelastraat geleë is, toegespits en die slaghuis van alles wat daarin was, gestroop.

Op die video kan gesien word hoe mense in hul slaapklere, mans, vroue en kinders, met heel skape in hul arms en oor hul skouers die strate af loop.

Op een plek ry ’n polisievoertuig in die rigting van die winkelkompleks en daar kan gesien word hoe die inwoners dan uit die winkels laat spaander.

Daar kan dan op die video gehoor word hoe een persoon sê dat die polisie niks doen nie en van die toneel af wegry. Mense haas hulle dan terug na die slaghuis en die winkel.

In nog ’n gedeelte kan gesien word hoe twee mense ’n groot vrieskas die straat af stoot.

Lt.kol. Andrè Traut sê dat die omstandighede rakende die plundery van die winkels ondersoek word en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kaapse Vlakte  |  Geweld  |  Betogings  |  Plunder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.