Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plundery: Meer as 3 000 in hegtenis geneem

Altesaam 3 407 mense is nou reeds in hegtenis geneem op verskeie aanklagte wat verband hou met die geweldpleging wat verlede week in sekere dele van Gauteng en KwaZulu-Natal uitgebreek het, het die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie-strukture (Natjoints) Sondagaand in ’n verklaring bekendgemaak.

Onder die verdagtes is drie mense wat na bewering opruiende boodskappe geskep en versprei het met die potensiaal om geweld uit te lok. Twee van die inhegtenisnemings het in onderskeidelik Roodepoort en Westonaria plaasgevind, terwyl ’n 21-jarige vrou in Duduza, Ekurhuleni, in hegtenis geneem is.

Volgens Natjoins is hy bewus van boodskappe op sosiale media waarin dreigement gemaak word om aanvalle op polisiekantore te loods, geregsdienaars te ontwapen, howe aan te val en petroleumpyplyne en raffinaderye aan te val.

Die “maksimum hulpbronne” is toegewys om dié dreigemente aan te spreek asook die sigbaarheid van geregsdienaars te verhoog.

Volgens Natjoints het hy ’n groot aantal oproepe en wenke van gemeenskappe in Gauteng en KwaZulu-Natal via die MySAPS-toepassing ontvang.

Volgens die verklaring fokus die veiligheidsmagte nou daarop om gesteelde goedere op te spoor noudat spanningsvlakke afgeneem het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.