Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie arresteer ‘klaers’ wat jok oor verkragting

Vir elke vals verkragtingsaanklag wat die polisie se spesialiseenheid moet ondersoek, word hulpbronne en kosbare tyd van regte slagoffers ontneem.

Die Gautengse polisie het nou, ná die soveelste vals klag, nie net die “klaer” op ’n aanklag van regsverydeling gearresteer nie, maar ook ’n streng waarskuwing uitgereik.

Die 21-jarige vrou het onlangs ’n aanklag van verkragting teen haar stiefpa by die Benoni-polisiestasie ingedien.

“Die saak is as prioriteit hanteer en met dringendheid ondersoek – net om uit te vind dat die saak ’n gefabriseerde storie is,” sê brig. Mathapelo Peters.

Die vrou is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

In nog ’n onlangse geval het ’n 25-jarige vrou beweer sy is in Augustus deur agt Nigeriese mans ontvoer en verkrag.

Die 21-jarige vrou het onlangs ’n aanklag van verkragting teen haar stiefpa by die Benoni-polisiestasie ingedien.

“Ondersoekwerk het bevind sy was in daardie tydperk by haar kêrel. Ook dié vrou is toe in hegtenis geneem op ’n aanklag van regsverydeling,” sê Peters.

Sy sê daar is veral die afgelope tyd ’n toename in dié soort vals aanklagte, wat die polisie nou noop om teen die “klaers” op te tree.

“Die polisie prioritiseer sake van geslagsgeweld, insluitende verkragting. Uitgebreide hulpbronne word beskikbaar gestel sodat sulke sake onmiddellik hanteer kan word.

“Die familie-, kinderbeskerming- en seksuele misdrywe-eenheid (FCS) het beamptes op bystand sodat hulle aan verkragtingsake kan aandag gee sodra dit aangemeld word.

“Elke keer wanneer ’n sensitiewe saak van verkragtig gefabriseer (en aangemeld) word, aktiveer die polisie alle rolspelers en hulpbronne wat gebruik kon word om regte sake op daardie spesifieke tydstip te ondersoek,” sê Peters.

Sy het benadruk: “Onaangename gevolge” wag op mense wat ’n vals klagte indien.

“In dieselfde asem wil ons egter steeds regte slagoffers aanmoedig om nie stil te bly nie, maar die voorvalle aan te meld,” sê Peters.

Meer oor:  Verkragtingsaanklag  |  Polisie  |  Vals Klagte  |  Klaer  |  Verkragting  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.