Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie bedink planne om misdaad te troef

Die departement van polisie hou die naweek onder leiding van Bheki Cele, minister van polisie, ’n konferensie in die Paarl om maniere te bedink om misdaad te bekamp.

Bheki Cele, minister van polisie.Foto: Argief

Die polisie sê in ’n verklaring dit is ’n geleentheid om verskeie belanghebbendes bymekaar te bring om idees uit te ruil oor volhoubare oplossings vir die misdaadprobleem in die Wes-Kaap. Dit is ’n geleentheid vir die nasionale regering om met provinsiale regering te praat oor sosio-ekonomiese toestande in die Wes-Kaap.

“Die polisie kan nie die las alleen dra nie. ’n Geïntegreerde benadering is nodig wat alle gemeenskappe en alle sfere van die regering behels,” lui die verklaring.

Die konferensie sal bygewoon word deur 500 afgevaardigdes wat op verskillende maniere betrokke is in die stryd teen misdaad.

Op dag twee van die konferensie sal ’n deklarasie aanvaar word waarin die verpligtinge van alle belanghebbendes in die stryd teen misdaad uiteengesit word om te verseker dat die inwoners van die Wes-Kaapse gemeenskappe veilig is.

Cassel Mathale, adjunkminister van polisie, en Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, sal ook die konferensie bywoon.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Paarl  |  Misdaad  |  Planne  |  Polisie  |  Bekamp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.