Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
'Polisie' besteel bejaarde vrou by kitsbank
Drie verdagtes is Maandag in Port Shepstone in hegtenis geneem vir onder meer bedrog. Hulle het hulself glo ook as polisiebeamptes voorgedoen.

Drie booswigte wat hulle glo as polisiebeamptes voorgedoen het en ’n bejaarde vrou se geld wou steel, is Maandag in Port Shepstone in hegtenis geneem.

Kol. Thembeka Mbhele, ’n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes – twee mans van 31 en 28 jaar oud en ’n 53-jarige vrou – het ’n vrou (74) genader terwyl sy geld by ’n kitsbank gedeponeer het.

Hulle het hulself as speurders voorgedoen en haar beveel om saam met hulle in ’n motor te klim, waarna hulle met haar in ’n grys Toyota Etios na ’n winkelsentrum gery en geld uit haar bankrekening onttrek het.

Familielede van die vrou het die polisie in Port Shepstone in kennis gestel dat sy saam met die booswigte gesien is en nog nie met haar motor teruggekeer het huis toe nie.

“Die polisie het haar voertuig voor ’n bank in Port Shepstone gevind. ’n Beskrywing van die verdagtes se voertuig is ook gesirkuleer.”

Die polisie het beslag gelê op geld en selfone nadat hulle drie verdagtes op onder meer klagte van bedrog in hegtenis geneem het.

Kort daarna het hulle voor die bank stilgehou. Die motorbestuurder het saam met die vrou na die bank gestap en is in hegtenis geneem. Die ander verdagte in die motor is ook in hegtenis geneem.

“Toe die motor deursoek is, is koeverte met groot bedrae geld daarin onder die sitplek gevind. Daar is op die motor beslag gelê.

“Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. Hulle sal aangekla word van bedrog, dat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, van ontvoering en die besit van gesteelde eiendom.”

Mbhele sê speurders in Port Shepstone ondersoek ander soortgelyke sake en sal vasstel of die verdagtes daarmee verbind kan word.

Meer oor:  Kitsbank  |  Polisiebeamptes  |  Bejaarde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.