Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie, boere en buurtwag vang rowers in Vrystaat

Goeie samewerking tussen die polisie, boere en die buurtwag van Bultfontein het daartoe bygedra dat vier vermeende rowers aangekeer is kort nadat daar by ’n plaashuis in die distrik ingebreek is.

Twee van die verdagtes is Donderdagaand laat in ’n skietery met die polisie gewond nadat die bestuurder van die gesteelde motor waarmee hulle toegeslaan het, aangekeer is.

Nóg ’n verdagte het homself oorgegee en ’n vyfde het te voet gevlug.

André van Rensburg, veiligheidskoördineerder van Vrystaat Landbou (VL) in die gebied, sê iemand het ’n verdagte voertuig omstreeks 21:30 langs ’n grondpad opgemerk. Hy het snuf in die neus gekry toe die bestuurder orent spring en wegjaag.

Die polisie is in kennis gestel en die man is in hegtenis geneem. Daar is vasgestel die motor is in Botshabelo gesteel. Die bestuurder het erken hy het vier mans afgelaai wat ’n kluis sou gaan haal wat vroeër uit ’n plaashuis gesteel is.

Ek het volle respek vir die polisie. Hulle lewer uitstaande werk hier.

“Die polisielede het saam met hom gery en by die oplaaipunt het die verdagtes skielik op hulle begin skiet. Hulle het teruggeskiet en een is in die rug en die ander een twee keer in die been gewond. ’n Derde man het homself oorgegee.

“Die polisie het my gebel en gesê daar is probleme. Hulle het my gevra of ons die paaie kon afsper om die voortvlugtige verdagte te probeer kry. Die beampte het gesê daar was ’n skietery en hulle kort hulp.”

Van Rensburg sê hy het die landelike beveiligingsplan geaktiveer. Boere het gehelp om tot 02:00 die paaie te patrolleer. Hulle het geweet die voortvlugtige is gewapen, maar nie of hy gewond is nie.

Vrydagoggend is ’n vliegtuig en ’n mikroligtevliegtuig in die soektog ingespan. Die honde-eenheid het ook gehelp en meer as 200 boere van Bultfontein, Hertzogville en Hoopstad was betrokke om na die laaste verdagte te soek, maar teen laatmiddag was hy nog weg.

Van Rensburg sê die polisiebeamptes het uitstaande diens verrig. Die buurtwag het gehelp om die registrasie van die voertuig vinnig na te gaan en die boere het ook blitsvinnig gereageer.

“Ek het volle respek vir die polisie. Hulle lewer uitstaande werk hier. Hulle is baie professioneel en flink. Ons het ’n baie goeie verhouding. Ons ondersteun hulle en hulle ondersteun ons.”

Die verdagtes sal waarskynlik Maandag in die hof verskyn.

Meer oor:  Vrystaat  |  Boere  |  Polisie  |  Buurtwag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.