Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie geskok ná 3 vroue in Oos-Kaap vermoor word

Dit is “skokkend en ontstellend” dat drie vroue vandeesweek in dieselfde nedersetting in die Oos-Kaap vermoor is.

Dié vroue se lyke is Vrydag in hul onderskeie huise in die Zingqolweni-nedersetting in Cacadu (Lady Frere) deur bekommerde gemeenskapslede ontdek nadat hulle bekommerd geraak het toe hulle die vroue glad nie deur die dag gesien het nie.

Die vroue, wat geen verwantskap met mekaar het nie, is vermoedelik Donderdagaand vermoor.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het in ’n verklaring die moorde as skokkend en ontstellend beskryf, waarna sy die polisie se 72-uur-opsporingsplan in werking gestel het, met die hoop om ’n spoedige deurbraak in die soektog na die moordenaars te maak.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het die polisie se 72-uur-opsporingsplan in werking gestel nadat drie vroue in Cacadu vermoor is. Foto: Argief

Volgens die polisie was die drie vroue tussen 57 en 81 jaar oud.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n skerp voorwerp is oënskynlik gebruik om die vroue te vermoor, maar hy kan nog nie bevestig wat presies gebruik is nie.

Hy sê die polisie se aanvanklike ondersoek dui daarop dat die vroue nie familie van mekaar is nie. Die motief vir hul moorde word nog ondersoek.

Niemand is nog teen Sondagoggend in hegtenis geneem nie.

Die name van die slagoffers word ook nog deur die polisie weerhou.

Meer oor:  Moord  |  Vroue  |  Vermoor  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.