Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie gooi glo skokgranate na hond, skiet hom dood

Polisiebeamptes in George het na bewering skokgranate na ’n hond gegooi by ’n huis wat hulle deursoek het.

Die hond wat na bewering deur polisiebeamptes in Pacaltsdorp doodgeskiet is.

Nadat die skokgranate ontplof het, het die polisiebeamptes die dier een keer geskiet.

Die hond het oor die heining na ’n buurerf gespring, waar die polisiebeamptes die dier met nog twee skote doodgeskiet het, sê Wendy Jones, woordvoerder van die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging (DBV).

Die hond was aan ’n lang loopdraad vas.

Volgens Jones het ’n ooggetuie gesien wat gebeur en die DBV ontbied. Insp. Henrico Pypers van die DBV is na die huis in Syferfontein in Pacaltsdorp, waar hy die hond se karkas aan ’n ketting aan die loopdraad in die buurerf gekry het. Daar was bloedspatsels aan die heining tussen die erwe.

Die DBV het intussen met die polisie oor die voorval vergader.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.