Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie het dalk reeksmoordenaar in Wolseley beet

Die polisie gaan vandag na nóg lyke soek as deel van ’n ondersoek na die aktiwiteite van ’n moontlike reeksmoordenaar in Wolseley in die Kaapse Wynland-distrik.

Die polisie het die naweek drie lyke gekry en ’n 33-jarige man is Saterdagaand in hegtenis geneem.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê inwoners van die Pine Valley- informele nedersetting het gesien hoe ’n man iets sleep wat soos ’n liggaam lyk en het die polisie ontbied, waarna hulle op die lyk van ’n 20-jarige vrou afgekom het.

Die woonbuurt huisves meestal plaaswerkers en seisoenwerkers wat in die omgewing werk.

Die verdagte, wat in die gebied woon, is daarna in hegtenis geneem, sê Potelwa.

Potelwa sê die polisie is Sondag weer na die gebied ontbied nadat ’n verbyganger ’n vlak graf in ’n oop stuk veld ontdek het.

Met die hulp van die forensiese patologiedienste is ’n lyk van ’n ongeïdentifiseerde vrou opgegrawe.

’n Verdere deursoeking van die gebied het tot die ontdekking van ’n tweede graf gelei, nie ver van die eerste een nie.

Wolseley
Die stuk veld waar die polisie Sondag twee lyke in Wolseley gekry het. Foto: Verskaf

“Nog ’n liggaam, waarvan die identiteit, ouderdom en geslag nog bepaal moet word, is daar gevind. Kundiges van die polisie, onder wie lede van die honde-eenheid, speurders en vingerafdrukdeskundiges, het tot laat Sondag op die toneel gewerk en die gebied vir leidrade gefynkam,” het Potelwa gesê.

Die verdagte het volgens inligting in ’n woonwa in die township gebly en die polisie probeer vasstel of die slagoffers van die gebied was, as vermis aangemeld was en of hulle moontlik seisoenwerkers was.

Inwoners het glo die woonwa aan die brand gesteek.

Nadoodse ondersoeke sal nou gedoen word om die oorsaak van die vroue se dood vas te stel.

Mense met inligting oor die identiteit van die slagoffers, of wat tot hul dood gelei het, word versoek om sers. Pieters by 079 894 0195 te bel of die polisie se Stopmisdaadnommer by 0860 010 111 te skakel.

woonwa, Wolseley
Inwoners het vermoedelik die woonwa waar die verdagte gebly het aan die brand gesteek. Foto: Verskaf

Meer oor:  Wolseley  |  Wes-Kaap  |  Reeksmoordenaar  |  Lyke  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.