Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie-hoë in oprit van huis in Kaapstad doodgeskiet

’n Polisieman is Donderdagoggend in die oprit van sy huis in Bishop Lavis, Kaapstad, doodgeskiet.

Hy is geïdentifiseer as lt.kol. Andre Kay (52), verbonde aan die polisie se provinsiale eenheid wat die uitreiking van permitte vir vuurwapens, dranklisensies en tweedehandse winkels reguleer.

Hy is omstreeks 06:50 verskeie kere geskiet terwyl hy in sy motor was op pad uit. Hy was glo met verlof.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Luidens inligting wat ontvang is, is die skieter by Kay se huis in 11de Straat in ’n wit Volkswagen Golf afgelaai.

Die skieter het ná die voorval glo oor ’n nabygeleë treinspoor naby die spoorwegstasie na Clarke Estate gevlug en daar glo in ’n ander voertuig geklim.

lt. genl. Sindile Mfazi, waarnemende polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het sy medelye aan Kay se naasbestaandes in 'n verklaring betoon.

"Hy was 'n toegewyde lid van die polisie," lui die verklaring.

Luidens die verklaring ontvang sy kollegas en familie berading.

Meer oor:  Lt.Kol. Andre Kay  |  Kaapstad  |  Bishop Lavis  |  Sluipmoord  |  Polisiemoord  |  Polisie-Hoë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.