Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie hoor ‘antwoord’ vanuit ‘skapebak’ van ou Mercedes

Twee mans is Sondag in hegtenis geneem nadat vier skape vanuit ’n kattebak “antwoord gegee het” toe die polisie gaan ondersoek instel het na ’n voertuig wat op die N9 in die Oos-Kaap onklaar geraak het.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê die betrokke polisielede was aan diens op die N9 tussen Graaff-Reinet en Aberdeen toe hulle op ’n ou Mercedes-Benz langs die pad afkom.

“Die eienaar van die voertuig het vir die polisie gesê hulle het sonder petrol gaan staan. Die polisielede het egter onraad vermoed toe hulle geluide wat klink soos ’n geskoppery vanuit die kattebak hoor,” sê Tonjeni.

Tonjeni sê die polisie het vier skape in die motor gekry en twee verdagtes (35 en 52) in hegtenis geneem, terwyl hulle ook op die voertuig beslag gelê het.

Albei verdagtes sal vir die besit van gesteelde diere in die landdroshof op Graaff-Reinet verskyn, terwyl die skape se eienaar vanuit Aberdeen moes reis om sy vee te identifiseer.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die polisielede vir hul flink optrede beloof.

“Een of twee verdagtes wat in die hof verskyn vir die besit van gesteelde vee is ’n stap nader daaraan om die geveg teen veediefstal te wen.”

Die polisie het vier skape in die kattebak van die motor ontdek nadat hulle ’n geskoppery gehoor het. Foto: SAPD

Meer oor:  Aberdeen  |  N9  |  Graaff-Reinet  |  Skape  |  Kattebak  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.