Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie in doodloopstraat oor wie Renée Jain vermoor het

Ná byna sewe weke is daar geen nuwe vordering gemaak in die soektog na die moordenaars van Renée Jain (50) wat in haar huis buite Wolseley vermoor is nie.

Jain is op Vrydagaand 26 Maart in haar huis op die De Vierde Liefde-landgoed buite Wolseley vermoor.

Sy was alleen in haar en haar man, Raj, se huis op die landgoed.

Sy het glo die week alleen in hul huis op die landgoed aangebly om hul tuin uit te lê.

Jain is vermoedelik tussen 22:00 en 23:00 oorval en volgens bronne was daar geen gedwonge toegang tot die huis nie.

Renée Jain

Daar is ook gesê dat die huis se kringtelevisiekameras af was.

Volgens inligting is net ’n selfoon, tablet of skootrekenaar en juweliersware gesteel.

Die juweliersware is die Saterdag (27 Maart) by die Tulbagh-begraafplaas in die voertuig gevind van nog ’n egpaar wat op die landgoed woon en by wie se huis die aand ingebreek is.

Die juweliersware is glo in ’n sokkie in die voertuig gevind.

Ek is nie verbaas dat die speurders geen vordering gemaak het nie
Familielid

Ná die voorval het die polisie ’n verdagte vir ondervraging geneem, maar volgens kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, kon die 39-jarige man nie met die moord verbind word nie.

Hy is op 7 April vrygelaat.

By navraag het Van Wyk gesê daar is geen nuwe inligting rakende die ondersoek beskikbaar nie.

Jain se gesin, wat ook geen inligting van die polisie ontvang nie, het gesê hulle besef die polisie sal nooit Jain se moordenaars vind nie.

Hulle het moed opgegee en een van die groot bekommernisse wat hulle het, is die swak toestande waarin die polisie in dié dorp moet werk.

“Ek is nie verbaas dat die speurders geen vordering gemaak het nie weens die swak werksomstandighede,” het ’n familielid gesê.

Bronne het gesê die kantore waarin die speurders moet werk, is vuil met gebreekte meubels wat rondstaan.

Daarom, sê die familie, verwag hulle nie Jain se moordenaars, sal ooit vasgetrek word nie.

Meer oor:  Wolseley  |  Wes-Kaap  |  Renée Jain  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.