Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie in Gauteng trek 1 300 vas, lê beslag op wapens

Die polisie in Gauteng het die afgelope week 1 328 mense in hegtenis geneem en beslag gelê op 50 vuurwapens en 680 soorte ammunisie wat in geweldsmisdade gebruik word.

Van die 19 vermeende transitorowers wat Vrydag in Brakpan in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê van die inhegtenisnemings sluit in ’n man wat Woensdag in Eikenhof in die suide van Johannesburg deur polisielede in sy motor van die pad afgetrek is.

“Dié verdagte is met 49 patrone betrap en in hegtenis geneem. In ’n afsonderlike voorval Donderdag is ’n 32-jarige man in die ooste van Mamelodi met ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie vasgetrek.”

Ander verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, sluit in twee van die mees gesoekte misdadigers in die provinsie wat die mense van Olievenhoutbosch-omgewing beroof het.

19 verdagtes is ook in ’n intelligensie-gedrewe operasie in Brakpan met vier AK-47-aanvalsgewere, drie R5-gewere, twee pistole en ’n vrag ammunisie betrap en in hegtenis geneem, sê Masondo. Hulle het vermoedelik ’n transitorooftog beplan.

Die verdagtes, waarvan sommiges reeds in die howe verskyn het, kan volgens Masondo verbind word met misdade wat wissel van moord, roof en verkragting tot die verkoop van dwelmmiddels, diefstal asook die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Meer oor:  Polisie  |  Beslaglegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.