Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie in KZN soek steeds 15 wat ontsnap het

Die polisie in KwaZulu-Natal soek steeds na 15 verhoorafwagtende gevangenes wat op 28 April ontsnap het toe hulle na die landdroshof in Pietermaritzburg geneem is.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, word die volgende mense (met die aanklagte teen hulle in hakies) gesoek: Siphelele Chamane (28), Mbukiseni Ndlovu (38), Mpho Phalo (31) en Mphali Khanyiso Kou (30) (moord); Sphelele Ntsuntsu Mkhize (35) (roof en verkragting); Kabelo Mtisilwane (27) en Wiseman Shezi (26) (roof); Talent Mncube (19) (aanranding); Mlungisi Caster Ndlovu (25) (diefstal); Skhumbuzo Ngcobo (36) (motordiefstal); Sbonelo Bhengu (31) (kwaadwillige saakbeskadiging); Fonane Paulo Pone (31), Frank Lutchman (23) en George Paul (29) (oortreding van die Wet op Immigrasie); en Mlungisi Mncwabe (43) (poging tot moord).

Volgens Gwala was dié voortvlugtendes deel van ’n groep van 45 gevangenes wat van New Prison-gevangenis na die landdroshof in Pietermaritzburg op pad was toe hulle ontsnap het.

’n Dubbelkajuitbakkie het die polisievoertuig voorgekeer. Vyf gewapende mans het uit die bakkie geklim en hul vuurwapens op die twee polisielede in die vervoerwa gerig terwyl een van die gewapende mans die slotte aan die agterkant van die voertuig met ’n boutsnyer oopgeknip het.

Van die ontsnaptes het hulle later op verskillende plekke in Pietermaritzburg aan die polisie oorgegee. Ander ontsnaptes is aangekeer.

Singa Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Dinsdag gesê hy kan nie kommentaar oor die voorval lewer nie.

“Die polisie het die ontsnaptes na die hof vervoer,” het hy gesê.

Enigiemand met inligting oor waar die voortvlugtendes hulle bevind, word versoek om ene brig. Hlongwane dadelik by 079 684 9114 te bel of om die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Polisie  |  Ontsnap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.