Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie in Vrystaat skiet vermeende rower dood

’n Vermeende rower is kort voor Nuwejaar tydens ’n skietery met die polisie doodgeskiet en twee van sy makkers is aangekeer nadat hulle na bewering ’n winkel in Soutpan, sowat 45 km buite Bloemfontein, beroof het.

Die skietery het Dinsdag in die vroeë oggendure op die R700 tussen Soutpan en Bloemfontein gebeur nadat die polisie die vermeende rowers uit hul wegkruipplek gelok het.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê vier gewapende mans het Maandagaand omstreeks 19:30 ’n winkel, wat aan ’n 36-jarige buitelander behoort, in Ikgomotseng, Soutpan, beroof.

Volgens Makhele het die rowers die winkeleienaar met vuurwapens gedreig en hom van kontant, selfoonlugtyd en sigarette beroof.

Lede van die polisie se blitspatrollie in Bloemfontein en die Bayswater-sigbarepolisiëringseenheid is van die voorval ingelig waarna ’n soektog na die verdagtes begin is.

Makhele sê die polisie het ’n verdagte Toyota Tazz met slegs die bestuurder in by ’n taverne in die Ikgomotseng-woonbuurt gewaar. Die lede het die bestuurder genader en ná ondervraging ontdek hy is een van die gesoekte verdagtes in die winkelrooftog.

Die lede het daarna dié man gebruik om sy makkers uit hul wegkruipplek te lok, sê Makhele.

Volgens hom het die ander verdagtes opgedaag, maar op die polisie geskiet toe hulle die lede gewaar. Die polisie het teruggeskiet en een van die mans (vermoedelik in sy 30’s) is noodlottig gewond.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Nog ’n man is aangekeer en ’n vierde man kon daarin slaag om te vlug.

Die polisie het ook beslag gelê op twee vuurwapens.

Die twee aangekeerde verdagtes, onderskeidelik 19 en 25 jaar oud, sal binnekort op aanklagte van sakeroof, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens in die landdroshof in Brandfort verskyn.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n saak van moord vir die dood van die verdagte.

Meer oor:  Opod  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.