Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie in Welkom fnuik rowers se planne

Die polisie in Welkom se taktiesereaksiespan het Dinsdag agt mans in hegtenis geneem wat na bewering beplan het om ondernemings in die Lejweleputswa-streek te beroof.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die mans was in besit van twee pistole en ’n hoeveelheid ammunisie.

Die toneel op die R70 op pad na Hennenman, waar Welkom se polisie agt mans in hegtenis geneem het wat glo rooftogte beplan het.

Volgens Makhele het die polisie vooraf inligting ontvang en ’n optrede geloods.

Lede van die taktiese span het twee voertuie, ’n Toyota Quantum-bussie en ’n Toyota Corolla, buite Riebeeckstad, Welkom, opgemerk. Die bussie het Lesotho-nommerplate en die sedan Gauteng-nommerplate gehad en albei voertuie het op die R70 in die rigting van Hennenman gery.

Polisielede het die bestuurders van die twee voertuie aangesê om stil te hou en hulle het gehoor gegee. Makhele sê van die polisie het die bussie deursoek en in ’n groot luidspreker op twee pistole afgekom. Hy sê in een van die magasyne was sewe holpuntpatrone en in die ander een vier gewone patrone.

Daar is met die reeksnommers van die pistole gepeuter, sê Makhele.

Hy sê die mans is in hegtenis geneem op klagte van sameswering om ’n misdaad te pleeg, asook oortredings van die Vuurwapenwet.

Hulle sal binnekort in Welkom in die landdroshof verskyn.

Al agt mans is Lesotho-burgers wat in Westonaria, Gauteng, bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.