Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie in Wes-Kaap ‘slaan slag’ teen dwelmhandel
Van die tik en ander dwelms waarop daar in Vredendal op beslag gelê is. Foto: Verskaf

Dagga in kweekhuise, tienduisende Mandrax-tablette, heroïen en kokaïne – dit is van die dwelms waarop die polisie in die Wes-Kaap die afgelope paar weke in drie verskillende klopjagte beslag gelê het.

Die geskatte gesamentlike waarde van die dwelms is sowat R13 miljoen en die polisie meen dié klopjagte het dwelmhandel ’n groot knou toegedien.

Mandrax-tablette waarop die polisie op beslag gelê het. Foto: Verskaf

In die eerste klopjag op 4 Mei het lede van die eenheid vir georganiseerde misdaad saam met die Namakwaland-honde-eenheid in Vredendal aan die Weskus beslag gelê op ’n groot hoeveelheid heroïen, tik en kokaïne ter waarde van R5,4 miljoen.

Volgens die polisie was hierdie vrag bestem vir Kaapstad.

Twee mans en ’n vrou het reeds in die plaaslike landdroshof op aanklagte van dwelmhandel verskyn.

In die tweede klopjag het lede van die nasionale intervensie-eenheid saam met die plaaslike intelligensie-eenheid twee persele in onderskeidelik Westlake en Noordhoek deurgesoek en 30 000 Mandrax-tablette en ’n onbekende hoeveelheid tik gevind.

Die geskatte straatwaarde van dié dwelms is R2,1 miljoen.

’n 33-jarige beskuldigde het in die landdroshof in Wynberg op aanklagte van dwelmhandel verskyn.

Die polisie verbonde aan die Covid-taakspan in Kaapstad het Woensdagaand ’n huis in Windsor in Kraaifontein deurgesoek nadat hulle inligting ontvang het oor die moontlike kweking van dagga.

Die taakspan het ’n kweekhuis gevind asook daggaprodukte ter waarde van R5,4 miljoen. Daar is ook kontant van R56 000 en ammunisie gevind.

Die huis is ook as ’n karatestudio gebruik.

Gedroogte daggaprodukte asook ’n daggakweekhuis waarop daarin Kraaifontein afgekom is. Foto: Verskaf

Twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Genl.maj. Thembisile Patekile, die Wes-Kaap se waarnemende provinsiale polisiekommissaris, sê in ’n verklaring die onwettige dwelmmark is ’n groot fokus vir die polisie om die provinsie veiliger te maak.

“Ons plan is om die groot dwelmhandelaars asook die smokkelaars te teiken,” sê Patekile.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Dwelmhandel  |  Klopjag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.