Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Laerskool-meisie voor skool gegryp en ontvoer
gekaap
Amy-Leigh de Jager is Maandagoggend ontvoer.

‘n Graad R-leerling van 'n laerskool in Vanderbijlpark is omstreeks 08:00 ontvoer deur vier mans voor die skool waar sy afgelaai is.

Amy-Leigh de Jager is 'n leerling van die Laerskool Kollegepark.

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale woordvoerder in Gauteng, sê die polisie is nog nie presies seker hoe Amy-Lee ontvoer is nie, maar sê die wit Toyota Fortuner was buite die skool geparkeer waar sy afgelaai is. Die ontvoerders het haar net daar gegryp.

Makhubela kon nie verdere besonderhede verskaf oor wat gebeur het tussen die punt waar sy afgelaai en ontvoer is nie. Hy vra enigiemand met inligting om die naaste polisiekantoor of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

'n Inwoner wat naby die skool woon en op voorwaarde van anonimiteit praat, sê die buurt se krag is sedert 18:00 Sondag af. Gevolglik het die kringtelevisiekameras nie gewerk nie, sê hy.

Volgens sy inligting het Amy-Leigh se ma haar afgelaai, waarna die ontvoerders die meisie in die Fortuner ingetrek en met haar weggejaag het voordat sy by die skool se hek kon ingaan.

Volgens inligting is die wit Toyota Fortuner intussen naby Meyerton in die rigting van De Deur op pad na die R82 opgemerk. Die owerhede is op sy spoor.

Die motor het blykbaar nie 'n registrasienommer nie.

"Hulle het my kind gevat, hulle moet haar kry, hulle het my kind gevat!" het Amy-Lee se angstige pa Maandagoggend huilend aan Netwerk24 gesê. 

"Ek weet nie wat gebeur het nie, hulle het my by die werk gebel en gesê hulle het my kind gevat."

Die skool het op sy Facebookblad ook hulp gevra vir enige inligting wat daartoe kan lei dat Amy-Leigh opgespoor word.

Hoewel gerugte die ronde doen dat die wit Fortuner intussen opgespoor is, het Makhubela bevestig dat dit nie die geval is nie.

fortuner
Dié Fortuner waarvan foto's versprei word, hou nie verband met die ontvoering nie.

* Die publiek word gewaarsku oor die verspreiding van foto's van die verkeerde wit Fortuner. Volgens inligting van buurtwaggroepe het die motor waarin die meisie ontvoer is, nie 'n nommerplaat nie. Dié Fortuner in foto's wat wél gemerk is, hou verband met 'n saak van motordiefstal.


Hulle het my kind gevat, hulle moet haar kry, hulle het my kind gevat.
amt-lee
Amy-Leigh de Jager is in Vanderbijlpark ontvoer.

Meer oor:  Amy-Leigh Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.