Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie keer 10 aan ná man se ontvoering in Bellville

Die slagoffer van ’n ontvoering is Saterdag deur die polisie in Kaapstad gevind en tien mans is in verband met die ontvoering en roof voorgekeer.

Dit volg nadat die 47-jarige man glo Donderdag in Bellville deur vier gewapende rowers ontvoer is.

Lede van die nasionale ingrypingseenheid (NIU) in samewerking met speurders van Bellville en misdaadintelligensie, het Saterdagaand ’n klopjag op ’n huis in Nyanga uitgevoer en die man daar gevind, waarna die tien mans in hegtenis geneem is.

Hulle sal Maandag in die landdroshof in Bellville verskyn. Die mans is tussen 20 en 30 jaar oud.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het Sondag bevestig dat die man met sy familie herenig is.

Sy sê die polisie se inligting dui daarop dat die ontvoerde man ’n buitelandse burger is wat Donderdag omstreeks 10:00 in Voortrekkerweg deur vier gewapende mans genader is.

’n “Aansienlike bedrag” kontant en ’n selfoon is by die man geroof.

Meer oor:  Polisie  |  Bellville  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.