Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie keer 3 vermeende motorkapers aan

Drie verdagtes is die afgelope week in twee afsonderlike voorvalle in Mpumalanga en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met motorkaping.

“ ’n 37-jarige vrou is Woensdag in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat polisie in ’n roetinepatrollie onraad vermoed en haar van die pad afgetrek het,” het brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Volgens Naicker word die betrokke motorvoertuig met ’n kaping in Junie in Isipingo in KwaZulu-Natal verbind. “Die verdagte is in aanhouding en sal eersdaags in die hof verskyn op ’n aanklag van roof en die besit van gesteelde eiendom.”

In ’n afsonderlike voorval het die polisie Donderdag twee verdagtes, van onderskeidelik 37 en 40 jaar oud, in ’n gekaapte motor in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

“Die mans is op die Mangosuthu-snelweg in Umlazi in KwaZulu-Natal aangekeer. Hulle word van roof en die besit van gesteelde eiendom aangekla,” het Naicker gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.