Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie keer 40 naweek in Nyanga aan

Die polisie se pogings om op te tree teen ernstige misdaad in Nyanga naby Kaapstad het positiewe resultate opgelewer toe meer as 40 mense die naweek aangekeer is.

Hulle is onder meer in verband met moord, regsverydeling, die besit van gekaapte voertuie, poging tot moord, gewapende roof, sakeroof, die onwettige handel in drank en dronkbestuur in hegtenis geneem.

Bheki Cele, polisie, Kaapse Vlakte
Lede van die polisie was Sondag byderhand met Bheki Cele, polisieminster, se besoek aan die Marikana- informele nedersetting in Philippi op die Kaapse Vlakte. Foto: Jaco Marais
Bheki Cele, polisie, Kaapse Vlakte
Cele het Sondagoggend met ’n besoek aan Philippi-Oos bevestig dat 141 mense sedert Vrydag in Kaapstad in hegtenis geneem is, van wie die meeste op die Kaapse Vlakte aangekeer is. Die polisie het Maandagoggend gesê 40 mense is ook in Nyanga aangekeer. Foto: Jaco Marais

Volgens kapt. Ntomboxolo Sitshitshi is ses mense in Nyanga en Browns Farm aangekeer wat daarvan verdink word dat hulle in die besit van gekaapte voertuie was.

Twee mense is in hegtenis geneem omdat hulle glo ’n barbier in Emms Drive in Nyanga beroof het toe hulle gemaak het asof hulle kliënte is.

Bheki Cele, polisie, Kaapse Vlakte
Omstanders tydens Bheki Cele, polisieminister, se besoek Sondag aan die Kaapse Vlakte. Foto: Jaco Marais

Drie mense is in hegtenis geneem nadat hulle op iemand geskiet het wat glo ’n motorbattery in Browns Farm gesteel het. Wetstoepassers wat op dié klag reageer het, het die drie in hegtenis geneem nadat die slagoffer hulle uitgewys het. Al drie sal in die landdroshof verskyn vir poging tot moord. Een, wat as die skieter geïdentifiseer is, sal vir regsverydeling aangekla word omdat hy glo op sy hande geürineer het om van die vuurwapen-residu op sy hande ontslae te raak.

Bheki Cele, polisie, Kaapse Vlakte
Cele praat met polisielede in Philippi-Oos. Foto: Jaco Marais

Nege mense is in hegtenis geneem vir die onwettige handel in drank toe klopjagte op sjebiens gedoen is.

Toe die verkeerspolisie en die Nyanga-polisie Sondag ’n dronkbestuur-operasie uitgevoer het, is 26 mense aangekeer.

Nege mense tussen die ouderdom van 16 en 40 sal na verwagting in die landdroshof in Athlone en Philippi verskyn wanneer hulle aangekla word vir die besit van gekaapte voertuie, poging tot moord, regsverydeling, gewapende roof, sakeroof, dronkbestuur en onwettige drankhandel. 

Meer oor:  Bheki Cele  |  Nyanga  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Kaapse Vlakte  |  Klopjag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.