Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie keer 446 in Pretoria aan

Honderde mense is oor die naweek in Pretoria en omliggende gebiede in hegtenis geneem vir onder meer moord, verkragting en roof.

Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, sê 446 mense is in die Tshwane-metrogebied in hegtenis geneem.

Onder hulle is ’n 29-jarige vrou wat glo ’n man vermoor het tydens ’n onderonsie in die vroeë ure van Saterdag in ’n kroeg in Villieria in die Pretoriase Moot.

Die man, glo ’n gewese kêrel, is met ’n skerp voorwerp in die bolyf gesteek.

“Meer as die helfte van diegene wat in hegtenis geneem is in gebiede soos Sentraal-Pretoria, Atteridgeville, Sunnyside, Hammanskraal en Bronkhorstspruit, word daarvan aangekla dat hulle drank sonder ’n lisensie verkoop, bestuur onder die invloed van alkohol, aanranding, die besit van dwelms, en seksuele aanranding,” sê Mavimbela.

Die res van die verdagtes is in padblokkades en blitsoptredes aangekeer.

Hulle sal binnekort in howe oor die metro heen verskyn.

Meer oor:  Pretoria  |  Roof  |  445 Aangekeer  |  Moord  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.