Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie-kolonel (55) koelbloedig voor huis doodgeskiet

“Hy was ’n doelgerigte polisieman wat enigiets vir sy medemens sou doen.”

So het Hendri Appelgryn die 55-jarige lt.kol. Fana Maseko, saam met wie hy sowat 22 jaar gewerk het, beskryf.

Maseko, ’n skofbevelvoerder by die Vosman-polisiekantoor, is Dinsdag omstreeks 18:45 deur twee gewapende mans in die oprit van sy huis in Ackerville, Emalahleni (Witbank), doodgeskiet. Die mans het gevlug sonder om enigiets te neem.

Lt.kol. Fana Maseko (regs) saam met brig. Delisiwe Motha.

“Ek het Fana geken toe hy nog as ’n sersant gewerk het en deur die jare gesien hoe hy opgang in die polisie maak. Hy was ’n raakvat-regvat-tipe ou wat passievol was oor die werk wat hy gedoen het. Sy dood laat ’n groot leemte in die gemeenskap,” het Appelgryn, wat vir ’n sekuriteitsmaatskappy in die omgewing werk, gesê.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat ’n aksieplan van 72 uur in werking gestel word om die verdagtes so spoedig moontlik vas te trek.

Volgens Sitole sal alle moontlike hulpbronne in die polisie aangewend word om die verdagtes op te spoor.

“ ’n Aanval op ’n polisiebeampte, is ’n aanval op die nasie en as nasie moet ons saamstaan om hierdie aanvalle op ons mans en vroue in blou stop te sit,” het Sitole gesê.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het Maseko as “ ’n hardwerkende polisiebeampte” beskryf. Hy wou nie verder oor die voorval praat nie en het alle navrae na brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, verwys.

Naidoo wou nie bespiegel of die aanvallers van plan was om Maseko se Mercedes-Benz te kaap en of dit ’n sluipmoordaanval was nie.

“Die motief vir die moord is nog onduidelik. Lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, ondersoekbeamptes van die Valke en die speurtak werk saam met die forensiese eenheid om al die leidrade op te volg sodat ons ’n duideliker prentjie kan kry oor wat gebeur het.”

Volgens Naidoo sal die polisie se taktiese span en nasionale intervensie-eenheid ook by die saak betrek word.

Meer oor:  Witbank  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.