Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie koördineer soektog na Houtbaai-kleuter

Vier dae nadat Anothando Mhlobo (3) spoorloos verdwyn het waar hy voor sy ouerhuis in die Imizamo Yethu-nedersetting in Houtbaai gespeel het, gaan die soektog na hom nog onverpoosd voor.

Anothando het Maandag omstreeks 13:00 verdwyn toe hy saam met maatjies gespeel het.

Sedertdien het inwoners van Houtbaai hande gevat en saam na die seun gesoek.

Anothando Mhlobo het Maandag voor sy ouerhuis in Imizamo Yethu in Houtbaai verdwyn. Foto: Verskaf

Hommeltuie sowel as ’n helikopter wat aan mense van die omgewing behoort, is gebruik.

Inwoners het in spanne tussen bosse, langs rivierlope en selfs langs die berghange rondom Hangberg gesoek. Tevergeefs, van Anothando of die persoon wie hom ontvoer het, was daar geen spoor.

Donderdag is ’n gesamentlike operasiesentrum begin vanwaar die polisie die soektog koördineer.

Intussen het Kim Worrall, ’n inwoner van Houtbaai en gemeenskapswerker, Vrydag gesê dat soekspanne wat deur inwoners op die been gebring is Donderdag omstreeks 17:00 formeel die soektog aan die polisie oorhandig het.

“Daar is nog individuele mense wat help soek, maar vir nou wag ons op die polisie om leiding te gee na waar die soektog voortgesit moet word.”

Sy sê dat hulle baie inligting ontvang, maar dat hulle hierdie inligting aan die polisie gee sodat dit opgevolg kan word.

“Ons kan dit nie langer bekostig om op wilde soektogte te gaan nie.”

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Vrydag gesê die soektog na die seun gaan voort. “Die polisie verwelkom die hulp van enigiemand wat ons kan help om Anothando ongedeerd op te spoor.”

Hy sê die polisie volg alle leidrade op.

Meer oor:  Polisie  |  Anothando Mhlobo  |  Houtbaai  |  Kleuter  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.