Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie krap kop oor lyk in Vaalrivier

Die polisie in Barkly-Wes in die Noord-Kaap krap kop oor die identiteit van ’n lyk met net een oog wat in die Vaalrivier gevind is.

Lt.kol. Dimikatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het die lyk van ’n man Sondag in die Vaalrivier gesien dryf.

“Die identiteit van die lyk is nog nie aan die polisie bekend nie en ons vra dat enigeen met inligting ons asseblief kontak.”

Mooi sê dit wil voorkom asof die man in sy laat 50’s kan wees. Hy het ’n blou werksbaadjie, ’n bruin broek en ’n groen gordel gedra en het slegs een oog gehad.

Persone wat die polisie met inligting kan help, kan die ondersoekbeamptes van die Barkly-Wes-polisiekantoor by 082 458 9670 skakel.

Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Polisie  |  Barkly-Wes  |  Vaalrivier  |  Noord-Kaap  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.