Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie krap kop oor 'sluipmoord' op landdros

Die polisie in Gauteng krap nog kop oor die motief vir die moord op landdros Victor Mabundla, wat Woensdag in sy oprit in ’n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet is.

Mabundla (50) is pas nadat hy van die landdroshof in Cullinan tuisgekom het, vier keer by sy huis in Prinsloostraat, Bronkhorstspruit, geskiet.

Sover bekend is niks by hom gesteel voordat die onbekende aanvaller op die vlug geslaan het nie.

“Polisieondersoeke oor die voorval gaan voort, maar die motief vir die moord is nog onbekend,” sê lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder.

Foto ter illustrasie.

“Die polisie neem verklarings af, maar niemand is in hierdie stadium in hegtenis geneem nie.”

Volgens Dlamini is die polisie kort ná 16:00 ontbied, nadat Mabundla se bure verskeie skote gehoor het. Die bure het glo op Mabundla se lewelose liggaam afgekom toe hulle gaan ondersoek instel het.

Volgens Netwerk24 se inligting is Mabundla vier keer geskiet en het die polisie Woensdag ondernemings in die gebied besoek in die hoop om beeldmateriaal van moontlike verdagtes te kry.

Daar was glo geen ooggetuies nie en die motief vir die moord is tans onbekend. Volgens ’n bron het ’n groen Toyota RAV4 met een insittende kort ná die voorval van die toneel weggery.

Dlamini het dit bevestig, maar sê die registrasienommer van die voertuig is tans onbekend. Dit is ook nie bekend of die persoon wel met die aanval verbind word nie.

Een van die moontlikhede wat die polisie ondersoek, is of daar ’n verband is tussen die moord op die landdros en van die sake wat voor hom gedien het.

Meer oor:  Bronkhorstspruit  |  Sluipmoord  |  Misdaad  |  Landdros  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.