Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie krap kop oor vrou se lyk langs treinspoor

Die polisie van George in die Suid-Kaap ondersoek ’n saak van moord nadat die halfnaakte lyk van ’n jong vrou vroeg Donderdagoggend langs die treinspoor gevind is.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die vrou was vermoedelik in haar middel 20’s.

Volgens hom het polisielede die gebied gepatrolleer toe hulle twee verdagte mans langs Nelson Mandela-boulevard naby Buco teëkom. Die mans het vermoedelik gesteelde eiendom in hul besit gehad.

Hulle het vir die polisie gesê dat hulle ’n jong vrou langs die spoorlyn gesien lê het. Volgens hulle het dit gelyk asof sy dood is.

Die polisie is soontoe en het op die lyk afgekom.

Volgens die verklaring het sy op haar maag langs die spoorlyn gelê. Haar hande was agter haar rug vasgemaak. Sy was in ’n pienk ski-broek en ’n wit T-hemp geklee en het lang gevlegte hare, wat blond gekleur is, luidens ’n verklaring.

Volgens Pojie word die moontlikheid ondersoek dat sy verkrag en verwurg is.

Die polisie het die publiek se hulp gevra om die vrou te identifiseer. Mense kan die ondersoekbeampte, ao. Jerome Malan, by 044 873 4715 of 065 912 2850 bel, of die tolvrye Stopmisdaad-nommer by 08600 10111 skakel.

Pojie sê alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  George  |  Polisie  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.