Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie krap nog kop ná aanval op sakevrou

Die polisie in Kroonstad soek nog na die aanvaller wat ’n sakevrou van die dorp Vrydag voor haar huis in die woonbuurt Môrewag met ’n vuurwapen gewond het.

Die 43-jarige vrou, wat ’n begrafnisonderneming besit, is in ’n ernstige toestand in die hoësorgeenheid van ’n private hospitaal in die dorp.

Die vrou het Vrydag omstreeks 18:45 by die huis in Hartleystraat aangekom en gewag vir die hek om agter haar toe te gaan toe ’n man opgedaag en op haar geskiet het. Sy is in die bors en rug getref.

Drie patroondoppies is op die toneel gevind.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die aanvaller het in ’n motor gevlug.

Makhele wou Saterdag weens “veiligheidsredes” nie die vrou se naam of waar sy behandel word, bekend maak nie.

Makhele wou Saterdag weens “veiligheidsredes” nie die vrou se naam of waar sy behandel word, bekend maak nie.

Dit is nog nie seker of enigiets geroof is nie.

Volgens die vrou se broer was hy Vrydagaand in die huis toe hy die skote hoor klap het. Toe hy uithardloop, was die aanvaller reeds weg.

“Ek het groot geskrik. My suster is nou orraait,” is al wat hy wou sê.

Volgens hom het die polisie gesê hulle mag nie met die nuusmedia praat nie.

Die motief vir die aanval is nog onbekend. ’n Klag van poging tot moord word ondersoek.

* Die polisie vra enigeen met inligting oor die voorval om die Kroonstad-polisie by 056 216 5503 te bel, of die polisie se noodnommer, 08600 10111, te skakel.

Meer oor:  Kroonstad  |  Sakevrou  |  Skietaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.