Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie kry 1 816 Mandrax-tablette in motor in Beaufort-Wes

Meer as 1 800 Mandrax-tablette is Woensdagaand by drie mans in ’n motor in Beaufort-Wes gevind nadat polisie ’n wenk van die publiek opgevolg het.

Nadat speurders van die provinsiale narkotika-eenheid en die polisie in Beaufort-Wes ’n wenk ontvang het oor die motor wat van Kaapstad op pad was na die dorp, het hulle omstreeks 19:30 ’n Toyota Avanza in Gabastraat van die pad laat aftrek.

Die Mandrax-tablette wat vandeesweek in ’n motor in Beaufort-Wes gevind is.

Toe hulle die voertuig deursoek, het hulle op 1 816 Mandrax-tablette afgekom.

Drie mans van tussen 26 en 31 jaar oud is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms.

In ’n afsonderlike voorval is nog ’n man Dinsdag op die dorp in hegtenis geneem tydens ’n klopjag by sy huis in Zola Skweyiya-rylaan. Die klopjag is gedoen nadat die polisie inligting gekry het oor beweerde verdagte optrede by die huis.

Die polisie het die huis deursoek en afgekom op 106 dagga-stoppe (dagga wat reeds verpak is vir verkope). ’n Man van 34 jaar oud is in hegtenis geneem en het Woensdag in die landdroshof op Beaufort-Wes verskyn op aanklag van handel in dagga.

Lt.genl. Thembisile Patekile, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, het in ’n verklaring gewaarsku die polisie gaan deurlopend optree om dwelms uit gemeenskappe te verwyder.

Meer oor:  Beaufort-Wes  |  Mandrax  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.