Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie kry baie dwelms in Lentegeur
Dié 9 mm-vuurwapen en patrone is Dinsdag in Cornflowerstraat, Lentegeur, gevind.
Dié tik, dagga, Mandrax-tablette, vuurwapen en patrone is Dinsdag in Cornflowerstraat, Lentegeur, gevind.
Dié Mandrax-tablette is Dinsdag in Lobeliastraat, Lentegeur, Mitchells Plain, gevind.
Die dagga is Dinsdag in Viooltjiestraat, Lentegeur, Mitchells Plain, gevind.

’n Vrou (40) is Dinsdag in Lentegeur, Mitchells Plain, in hegtenis geneem nadat die polisie Mandrax-tablette in haar huis gevind het.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die polisie het inligting ontvang dat daar moontlik dwelms by ’n huis in Lobeliastraat, Lentegeur, kan wees.

Hulle het die inligting opgevolg en in die oond op 648 Mandrax-tablette met ’n geskatte straatwaarde van R16 200 afgekom.

Die vrou is in hegtenis geneem en sal Vrydag in die landdroshof in Mitchells Plain op aanklag van die besit van dwelms verskyn.

In nog ’n voorval in Viooltjiestraat in Lentegeur is ’n man (41) weens die besit van dagga in hegtenis geneem.

Die polisie het by die huis waar die man was 72 stoppe dagga met ’n geskatte straatwaarde van R1 500 gekry.

Die dagga was in ’n plastieksak versteek. Die man verskyn Donderdag in die landdroshof in Mitchells Plain op aanklagte van besit van dwelms.

In ’n ander voorval ook Dinsdag het lede van die Mitchells Plain-polisie se taktiese reaksie-eenheid inligting van ’n onwettige vuurwapen en dwelms by ’n huis in Cornflowerstraat, Lentegeur, ontvang.

Hulle het die inligting ontvang en by die huis het die polisie op ’n 9 mm-vuurwapen met twee koeëls en ’n magasyn afgekom. Hulle het ook 150 Mandrax-tablette, 5 g tik en daggasigarette gekry. Die dwelms het ’n geskatte straatwaarde van R5 000.

’n Man (25) is in hegtenis geneem en sal Donderdag in die landdroshof in Mitchells Plain op aanklagte van die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie en die besit van dwelms verskyn.

Meer oor:  Lentegeur  |  Misdaad  |  Dwelms  |  Betrap  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.