Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie kry dagga van byna R1,8 m naby Laingsburg

Die polisie het Maandag op dagga van sowat R1,8 miljoen op die N1 buite Laingsburg beslag gelê. Dit is die tweede dwelmvonds van sy soort wat die polisie in enkele dae in die gebied maak.

Die dagga is Maandag in die vroeë oggendure gevind, volgens ’n polisieverklaring.

Die dagga wat Maandag op die N1 naby Laingsburg gevind is.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê polisielede van Laingsburg het voertuie by ’n voertuigpunt deursoek toe ’n taxi met agt insittendes omstreeks 02:05 voorgekeer is. Die taxi was van die Oos-Kaap na Kaapstad onderweg.

Volgens Pojie het die polisielede die taxi deursoek toe daar op dagga in plastieksakke afgekom is wat in ’n sleepwa versteek was. Die dagga het sowat 900 kg geweeg.

Daar is op die dagga beslag gelê. Die bestuurder en sy medebestuurder is in hegtenis geneem op aanklagte van handel in dagga. Die twee van onderskeidelik 35 en 45 is in aanhouding en sal Dinsdag in die landdroshof in Laingsburg verskyn.

Volgens die polisie was die dagga vir verspreiding in Kaapstad bestem.

• Donderdag het die polisie ook op dagga van R800 000 beslag gelê op die N1 naby Laingsburg en twee mense is in hegtenis geneem.

Die dwelmvonds is gemaak toe die polisie ’n afleweringsvoertuig by ’n voertuigpunt voorgekeer en deursoek het. Die afleweringsvoertuig was op pad na Kaapstad en volgens die polisie was die dagga vir verspreiding in die Moederstad bestem.

Meer oor:  Laingsburg  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.