Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie kry hope pynmedikasie, kokaïne by huis in Gqeberha

’n Soektog na onwettige vuurwapens het die polisie in Gqeberha tot duisende rand se voorskrifmedisyne by ’n huis in die stad se noordelike voorstede gelei.

Die polisie se teenbende-eenheid het Vrydagmiddag op die R94 000 se medikasie beslag gelê nadat ’n deursoekingslasbrief by ’n huis in Anita-rylaan, Barcelona, uitgevoer is.

Volgens ’n bron het die polisie by die huis toegeslaan nadat inligting ontvang is dat onwettige vuurwapens en gesteelde goedere moontlik hier versteek word.

Met die polisie se soektog is daar egter op 3 000 Stilpane-?tablette, 1 700 Brazepam-tablette en 12g se kokaïen beslag gelê.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n 58-jarige man, wat alleen in die huis was, is vir die onwettige besit van voorskrifmedikasie in hegtenis geneem.

Die vermoede is tans dat die tablette as dwelms vir verslaafdes verkoop word, eerder as vir geneesmiddel.

Naidu sê die tablette is in verseëlde houers aangetref, wat aandui dit is verskaf. Verdere ondersoek sal deur die polisie gehou word in ’n poging om die verskaffer van die medikasie vas te trek.

Die 58-jarige man sal Maandag in die landdroshof in Gelvandale verskyn.

Van die tablette en kokaïen wat die polisie in Gqeberha by ’n huis in Barcelona gekonfiskeer het.
Meer oor:  Gqeberha  |  Barcelona  |  Misdaad  |  Dwelms  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.