Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie kry lyk onder bed toe hulle na wapen soek

Die polisie in die Wes-Kaap het Sondagaand ’n lyk onder ’n bed in Hopefield naby Langebaan gekry nadat hulle aanvanklik na ’n ongelisensieerde vuurwapen gesoek het.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê hulle het ’n wenk oor ’n ongelisensieerde vuurwapen ontvang en die woongebied deursoek en toe op die lyk van ’n 54-jarige man afgekom.

“Die polisie het drie inwoners, onderskeidelik 22, 28 en 30 jaar oud, vir moord aangekeer.”

Traut sê hulle sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla is.

“Daar moet nog vasgestel word hoe die man dood is.”

Traut sê hulle vermoed die man is minstens ’n dag voordat sy lyk onder die bed gekry is, vermoor. Die polisie het nie die vuurwapen gekry waaroor die aanvanklike wenk ontvang is nie.

Meer oor:  Hopefield Naby Langebaan  |  Misdaad  |  Vuurwapen  |  Lyk  |  Wapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.