Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie lê beslag op 187 vuurwapens sonder lisensies
Verskeie pistole, haelgewere, gewere asook tuisgemaakte vuurwapens is deur die polisie gekonfiskeer.Foto: SAPD

Die polisie het vandeesmaand op 187 ongelisensieerde vuurwapens en 1 801 patrone tydens verskeie operasies in KwaZulu-Natal beslag gelê.

“Sowat 228 mense is in September in hegtenis geneem in verband met die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie,” het brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, gesê.

Volgens Naicker het die polisie gefokus op gebiede waar konflik, taxigeweld, veediefstal en ander ernstige misdade algemeen voorkom. Die polisie het verskeie pistole, haelgewere, gewere asook tuisgemaakte vuurwapens gekonfiskeer.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale kommissaris, het polisiebeamptes geprys vir hul toewyding om ongelisensieerde vuurwapens te verwyder. “Ek het opgemerk die polisie poog om ongelisensieerde vuurwapens uit die hande van misdadigers te verwyder. Ek doen daarom weer ’n beroep op wetsgehoorsame burgers om hul naaste polisiestasie of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te kontak met enige wenke oor ongelisensieerde vuurwapens,” sê Jula.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.