Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie lê beslag op 70 Sassa-kaarte en R7 640 kontant

’n 47-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat hy met verskeie Sassa-kaarte geld by ’n kitsbank in Durban getrek het.

Luidens ’n polisieverklaring volg die inhegtenisname ná ’n intelligensie-gedrewe operasie wat Saterdagoggend deur die Durban- sentrale distrikstaakspan uitgevoer is.

“Die span het die verdagte vasgetrek wat kontant met verskillende Sassa-kaarte by ’n kitsbank in Anton Lembedestraat onttrek het. Die verdagte het ’n eksklusiewe Mercedes-Benz bestuur wat hy onlangs gekoop het.

Die polisie het onlangs beslag gelê op 70 Sassa-kaarte en kontant nadat ’n 47-jarige verdagte met verskeie kaarte by ’n kitsbank in Durban geld getrek het.

Daar is op 70 Sassa-kaarte beslag gelê en kontant van R7 640 is ook gekonfiskeer,” lui die verklaring.

Die polisie het ook op sy voertuig beslag gelê.

Die polisie ook beslag gelê op die verdagte se luukse voertuig.

Genl.maj. Thulani Gonya, waarnemende provinsiale kommissaris in KwaZulu-Natal, is vol lof oor die inhegtenisname.

“Dit is hartverskeurend om te verneem dat daar mense is wat ons burgers beroof wat angstig op hul geld wag, maar dan in die steek gelaat word as geen geld in hul rekeninge inbetaal word nie. ’n Deeglike ondersoek sal gedoen word om te verseker dat alle betrokkenes aan die pen sal ry,” sê Gonya.

Die verdagte se identiteit is later as Sithembiso Gcaba bevestig.

Hy het in die landdroshof in Durban verskyn op aanklagte van bedrog en die besit van gesteelde eiendom. Gcaba bly in aanhouding en verskyn weer op 11 Maart in die hof om aansoek om borgtog te doen.

Meer oor:  Sassa  |  Durban  |  Kontant  |  Gevind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.