Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie lê beslag op ammunisie, wapens en dwelms

Minstens vier mense is die afgelope naweek deur die polisie in George in hegtenis geneem nadat daar beslag gelê is op verskeie gevaarlike wapens en ammunisie.

Volgens die polisie is die Eden-kluster se misdaadbestrydingspan die naweek in misdaadgeteisterde gebiede in George ontplooi. Die operasie het patrollies en deursoekings ingesluit.

Saterdag het die polisielede drie mans van onderskeidelik 27, 33 en 52 jaar oud in hegtenis geneem vir die besit van gevaarlike wapens en nog een vir die besit van dwelms.

Die gaspistool.
Die sonpaneel wat teruggevind is.

Die polisie het beslag gelê op ’n gaspistool, messe, klein hoeveelhede tik en Mandrax-tablette. Skaars 48 uur tevore, Donderdagaand omstreeks 22:30, het die polisie in Conville ’n 35-jarige man in hegtenis geneem in Pienaarstraat. Die polisie was besig om die aandklokreël af te dwing toe hulle die man op straat voorgekeer het. Die man is deursoek toe die polisie ammunisie vir ’n 9 mm-pistool by hom gekry het.

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ammunisie en hy word ook deur ’n klag van oortreding van die Rampbestuurswet in die gesig gestaar.

In ’n onverwante voorval Vrydag in Uniondale het die dorp se misdaadvoorkomingseenheid inligting opgevolg en omstreeks 18:30 ’n groot sonpaneel naby Avontuur, net buite Uniondale, teruggevind. ’n Man (29) is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom (die sonpaneel), luidens ’n verklaring.

Meer oor:  George  |  Wapens  |  Dwelms  |  Ammunisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.