Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie lê beslag op dwelms en gesteelde goedere

Die polisie in die Wes-Kaap het twee verdagtes in hegtenis geneem en dwelms en gesteelde goedere in Harare in Khayelitsha en Gugulethu gekonfiskeer.

Die selfone en kontant waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê hulle het Vrydagaand op ’n wenk gereageer dat daar dwelms by ’n huis in Khayelitsha verkoop word.

“Met hul aankoms het die polisie verskeie dwelms insluitende mandraxtablette en tik gevind.”

Rwexana sê die polisie het ook beslag gelê op 21 selfone, ’n skaal en kontant.

Die polisie het ’n 32-jarige man in hegtenis geneem.

In Gugulethu het die polisie inligting opgevolg oor ’n voertuig wat dagga vervoer.

“Hulle het die voertuig opgemerk en gestop. Die polisie het die voertuig deursoek en 33 pakkies dagga en plastieksakke vol dagga gekry.

Rwexana sê ’n 43-jarige man is in hegtenis geneem in verband met dié daggavonds.

Die verdagtes sal Maandag onderskeidelik in die hof in Khayelitsha en Athlone verskyn.

Die dagga waarop beslag gelê is.Foto: SAPD
Meer oor:  Khayelitsha  |  Gugulethu  |  Misdaad  |  Dwelms  |  Polisie  |  Beslaglegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.