Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie lê beslag op miljoene rande se diamante
Lede van TTR24 en die polisie deursoek die swart BMW vir diamante en ander edelgesteentes.Foto: TTR24
Die polisie deursoek Dinsdag die verdagte se bagasie op soek na nog diamante. Foto: TTR24

’n Man van die Noord-Kaap is Dinsdag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat diamante en ander edelgesteentes van miljoene rande in sy besit gevind is.

TTR24 (Track, Trace & Recover), ’n veiligheidsmaatskappy in Johannesburg, het die polisie in die saak gehelp.

Dié maatskappy het glo ’n wenk gekry oor diamante wat in die Goudstad gesmokkel gaan word.

Sers. Bongi Mdletshe, polisiewoordvoerder, het bevestig dat een verdagte Dinsdag in hegtenis geneem is.

Nog twee mans was saam met die verdagte, maar is vrygelaat nadat hulle ondervra is.

Netwerk24 verneem die waarde van die diamante wat in die verdagte se motor, ’n swart BMW, gevind is, word op nagenoeg R65 miljoen geraam.

Die verdagte is glo in Rosebank Mall gevang waar hy na bewering op die punt was om die diamante te verkoop.

Nie al die diamante waarop beslag gelê is, was geslyp nie. Die polisie het ook op ander edelgesteentes beslag gelê wat in plastieksakkies toegedraai en in die motor versteek was.

Die verdagte kon nie dadelik ’n permit of handelslisensie toon nie en is op die plek in hegtenis geneem.

“Die polisie moet nog vasstel of die man wettig in besit van die diamante en ander edelgesteentes was,” het Mdletshe gesê.

Die polisie bewaar die diamante as bewysstukke.

Die man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Ttr24  |  Diamante  |  Diamantsmokkel  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.