Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie lê beslag op miljoene rande se vervalste goedere

Meer as 15 mense is Woensdag in Johannesburg in hegtenis geneem weens oortredings wat wissel van die besit van vervalste goedere tot onwettige immigrante.

Die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe sê vervalste goedere van miljoene rande is van die mark verwyder nadat verkopers by die Dragon City-winkelsentrum in Fordsburg ’n slag toegedien is in ’n ander operasie.

Verskeie handelsmerke van onder meer klere, skoene, handsakke, juweliersware en skoonheidsprodukte word verwyder soos die klopjagte voortduur, sê kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Die geraamde waarde van goedere waarop al beslag gelê is, beloop meer as R10 miljoen.

Onwettige elektrisiteitsverbindings is ook deur Joburg City Power afgesny.

“Wetstoepassingsagentskappe bestaande uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens, handelsmerkeienaars, beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die metropolisie het ’n gesamentlike operasie uitgevoer na aanleiding van misdaadintelligensie se inligting dat verskeie winkels vervalste goedere verkoop,” sê Masondo.

Terwyl goedere uit die winkels verwyder is, het sommige van die eienaars stoorkamers toegesluit en die polisie moes dit oopbreek om op die goedere beslag te lê. Gekonfiskeerde goedere is verwyder en as bewysstukke geneem.

Inligting word opgevolg om die invoer van vervalste goedere vanaf die buiteland en plaaslik vervaardigde goedere te takel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.